OOR ONS

Ons is hier vir die gemoedsrus tussenin.

ware gemoedsrus

Groei met gemoedsrus in elke seisoen

Die Suid-Afrikaanse landbou- en versekeringsomgewing is dinamies en onvoorspelbaar. Klimaatsverandering, markskommelinge, veranderende risiko’s en uiterste weerstoestande soos haelstorms, droogte en oorstromings plaas toenemende druk op boere, besighede en individue. In hierdie uitdagende omgewing is betroubare versekering noodsaaklik om risiko’s te bestuur, verliese te beperk en met sekerheid vorentoe te beweeg.

Gemoedsrus het ontstaan uit die behoefte aan praktiese, toeganklike en deursigtige versekeringsoplossings wat by die werklikhede van ons kliënte pas. Ons bied oplossings vir beide oesversekering en korttermynversekering, en werk namens King Price saam met agente, makelaars en finansiële instellings wat die landbou- en versekeringsmark verstaan. Só verseker ons dat kliënte toegang het tot volhoubare, bekostigbare en toepaslike dekking.

Wat Gemoedsrus onderskei, is ons vars benadering tot onderskrywing, administrasie en dienslewering — eerlik, kliëntgerig en oplossingsgedrewe. Ons innoverende stelsel ondersteun elke stap van die proses, vanaf kwotasie en polisadministrasie tot eisregistrasie en eisuitbetaling. Met onafhanklike assessors, volledige rekordhouding en deursigtige prosesse skep ons vertroue en maak ons vinnige, akkurate en betroubare besluitneming moontlik.

By Gemoedsrus glo ons dat werklike beskerming meer is as net ’n polis. Dit is die kombinasie van innoverende oplossings, deursigtigheid, vertroue en persoonlike verhoudings wat ware gemoedsrus bring — sodat boere, besighede en individue met sekerheid kan groei, ongeag wat die seisoen of omstandighede inhou.

OESVERSEKERINGOPLOSSINGS

Werklike gemoedsrus en vertroue

Visie

Om deur bekostigbare oesversekering en betroubare korttermynversekeringsoplossings stabiliteit, sekerheid en gemoedsrus aan Afrika se boere, besighede en gemeenskappe te bied.

Missie

Om effektiewe dienste aan elke kliënt te lewer deur bekostigbare, maar omvattende versekeringsprodukte aan te bied wat aangepas is by ons kliënte se werklikheid.

Ons "Oop kop" benadering

ONS KENMERKE

Ons doen wat ons sê, en sê wat ons doen. Hierdie benadering gee ons kliënte die vertroue dat hulle nie net ’n polis koop nie, maar werklik gemoedsrus.

Integriteit

Akkurate, konsekwente en betroubare inligting en optrede.

Innovasie

Deurlopende verbetering van prosesse en kliënt-ervarings.

Diens

Vinnige, effektiewe diens aan kliënte en diensverskaffers. 

Rekenskap

Volle aanspreeklikheid vir alle besluite en optrede.

ONS NAVORSING

Meet om te weet

Gemoedsrus doen haelnavorsingsproewe op ʼn perseel naby Bronkhorstspruit. Hierdie proewe word gedoen om seker te maak dat die taksasieprosedures in lyn bly met nuwe kultivars waarmee geboer word.

Taksasieprosedures word ook gereeld gewysig om sodoende die korrekte skade te bereken. Haelskade word gesimuleer deur fisies blare, tydens verskeie groeistadiums, te verwyder.

WAT ONS KLIËNTE SÉ

Gemoedsrus uit die boer se mond.

Om effektiewe dienste aan elke kliënt te lewer deur bekostigbare, maar omvattende oesversekeringsprodukte aan te bied wat aangepas is by die boer se werklikheid.

Name Surname

Om effektiewe dienste aan elke kliënt te lewer deur bekostigbare, maar omvattende oesversekeringsprodukte aan te bied wat aangepas is by die boer se werklikheid.

Name Surname

Om effektiewe dienste aan elke kliënt te lewer deur bekostigbare, maar omvattende oesversekeringsprodukte aan te bied wat aangepas is by die boer se werklikheid.

Name Surname

Om effektiewe dienste aan elke kliënt te lewer deur bekostigbare, maar omvattende oesversekeringsprodukte aan te bied wat aangepas is by die boer se werklikheid.

Name Surname